Geskiedenis / History
Wordingsgeskiedenis van Laerskool Denneoord
Die huidige skoolgebou is op 29 November 1963 deur mnr. J.C. Heunis in sy hoedanigheid as L.P.R. aan George geopen.
Vanaf 1 April 1963 tot Desember 1964 was Mej. Schults aangestel as skoolhoof. Sy word opgevolg deur mnr. H.L. Oosthuizen wat die pos vanaf April 1967 tot Julie 1981 beklee het.
Mnr. A. Fourie word aangestel as hoof vanaf Januarie 1982 tot Junie 1992. Gedurende Oktober 1982 word die naam verander van “Voorbereidingskool Die Eiland” na “Voorbereidingskool Denneoord.”
Die skool verkry verhoogde status vanaf Januarie 1984 toe dit tot ‘n laerskool verklaar word. Daar is toe met ‘n st. 2-klas (graad 4) begin waarby die ander standerds progressief ingefaseer is.
Vanaf begin 1987 word die skool ‘n volwaardige laerskool met die eerste byvoeging van die standard 5-klas (graad7). Die leerdertal was toe ±200 met 10 personeellede.
Mnr. H.M. van der Watt neem in vanaf Julie 1992 tot Desember 1993 waar as skoolhoof en in Januarie 1994 word Mnr. M.C. Gericke as skoolhoof aangestel. Onder sy bekwame leiding begin Laerskool Denneoord in 2004 met ‘n Engelse graad 1 klas. Teen 2010 was alle grade in die Engelse baan ingefaseer en is Laerskool Denneoord ‘n volwaardige parallel medium laerskool wat kan spog met 2 klasse per graad vanaf graad R tot graad 7! Desember 2014 tree Mnr. Gericke, na 21 jaar af en word in Januarie 2015 opgevolg deur Mnr. H. Du Plessis as nuwe skoolhoof.
History of Denneoord Primary School.
The school was founded on 1 January 1958 and was then known as “Die Eiland Voorbereidingskool”. Miss. Stella Louwrens was appointed as the first headmistress in January 1985, until December 1959. Initially the Dutch Reformed church’s hall served as the school building. Today the Denneoord Superette is located where the school originally stood.
From a humble beginning of only 56 grade 1 and 2 Afrikaans speaking learners with 2 teachers, Denneoord steadily grew. On 29 November 1963 Mr. J.C. Heunis inaugurated the current school building.
Miss. Schults followed on Mrs. Louwrens as headmistress.
Denneoord’s third principal, Mr. H.L. Oosthuizen was appointed on 1 April 1967 until July 1981. He was succeeded by Mr. A. Fourie who served as headmaster between January 1982 – June 1992.
During October 1982 the school’s name was changed to “Voorbereidingskool Denneoord.” In January 1984 the school was declared a primary school when a grade 4 class was added. In 1987 Denneoord became a fully fledged primary school with a total of ± 200 learners and 10 teachers.
Mr. H. van der Watt was acting principal during July 1992 - December 1993. On 1 January 1994 Mr. M.C. Gericke was appointed as headmaster. He retired in 2014, after 21 years.
In 2004 Denneoord enrolled the first English learners and by 2010 was proudly hosting 2 classes per grade, a fully parallel school.
Mr. H. du Plessis is currently the headmaster.