044 - 8733439 denneoordprimer@gmail.com
Oorsig:
By Laerskool Denneoord is ons passievol oor ons rugby. Elke jaar neem ons deel aan die George-liga, waartydens ons seuns die geleentheid gebied word om teen omliggende skole in die area te speel.
Deelname:
Denneoord neem nie net aan die liga-wedstryde deel nie, maar neem ook oor naweke deel aan sport- of rugbytoernooie. Denneoord speel ook gasheer aan toerspanne wat teen ons wil kragte meet.
Sodoende vorm dit alles deel van ‘n bedrywige, maar tog opwindende rugbyprogram. Ons begin alreeds tydens die laaste deel van die eerste kwartaal om voor te berei vir die besige rugbyprogram tydens die tweede kwartaal.
Proewe en prestasie:
Ons seuns in die o/12 en o/13 ouderdomsgroepe, kry ook die geleentheid om aan die streekproewes deel te neem om hul talent ten toon te stel. In die verlede, het Denneoord verskeie seuns aan die SWD-provinsiale span opgelewer en skiet ook nie nou in die hede daarmee te kort nie.
In 2016, spog Denneoord met Abulele Ndabambi, wat vir die o/13 Cravenweek span uitdraf, in 2023 verteenwoordig hy die SA u/21 Springbokke, hy speel tans vir die Blou Bulle.
Ouderdomsgroepe:
SPAN | OUDERDOMSGROEP |
O/7 | O/7 |
O/8 | O/8 |
O/9 | O/9 |
O/11 | O/10 & O/11 |
O/13 | O/12 & O/13 |
Kleredrag:
SPANNE | TRUI | BROEK |
O/7 | Aankoop by verskaffer | Navy LO-broekie |
O/8 | Aankoop by verskaffer | Navy LO-broekie |
O/9 | Aankoop by verskaffer | Navy LO-broekie |
O/11 | Aankoop by verskaffer | Navy LO-broekie |
O/13 | Geborgde trui | Wit rugbybroekie |
Kleredrag:
* Alle spelers van O/7 – O/11 is verantwoordelik om hul eie rugbytrui aan te skaf
* LO-broekie moet outomaties aangeskaf word vir LO
Oefentye:
Oefentye tydens die rugbyseisoen is vind gewoonlik op Dinsdae en Donderdae plaas. Liga-wedstryde word normaalweg op Woensdae gespeel. Tye kan aangepas word, indien die afrigter dit so versoek en ook so aan ouers/voogde gekommunikeer word.
SPAN | DAE | TYD |
O/7 | DINSDAE & DONDERDAE | 13:30 – 14:30 |
O/8 | DINSDAE & DONDERDAE | 13:30 – 14:30 |
O/9 | DINSDAE & DONDERDAE | 14:00 – 15:00 |
O/11 | DINSDAE & DONDERDAE | 14:00 – 15:00 |
O/13 | DINSDAE & DONDERDAE | 14:00 – 15:00 |