Om volgens Christelike-geïnspireerde beginsels die leerder te begelei tot hoë geestelike en morele waardes ter ondersteuning van ‘n gesonde karakter.
Om aan elke leerder reg te laat geskied en hom/haar te lei tot bereiking van hul potensiaal in akademie, kultuur en sport.
Om die leerder met die nodige kennis en lewensvaardighede toe te rus sodat hulle hul hoërskool loopbaan betree met selfvertroue.
Om by die leerders blywende waardes van dissipline, liefde, trots en respek vir die menswaardigheid van ander te kweek.
Om ouers met kennis en geleentheid te ondersteun in hul primêre opvoedingstaak.
Om volharding by leerders te kweek.
Visie
By Laerskool Denneoord word leerders in totaliteit deur konsekwente bemoeienis opgevoed. Om Laerskool Denneoord tot ‘n modelskool uit te bou op die gebied van akademie, sport en kultuur.
Ons glo dat die Bybel die wil van God volkome bevat en alles wat die mens benodig om tot eer van God te ontwikkel en te lewe, daarin verwoord word. Die outoriteit van die Skrif word in al die fasette van opvoedende onderwys gehandhaaf.
Om by die leerder ‘n blywende waardestelsel te ontwikkel en voor te leef wat insluit:
– Trots in hulself, hul werk en hul omgewing.
– Omgee en respek vir alle mense van verskillende kulture, tale, gelowe en tradisies.
– ‘n Gedissiplineerde en verantwoordelike lewenswyse.