Missie

Om volgens Christelike-geïnspireerde beginsels die leerder te begelei tot hoë geestelike en morele waardes ter ondersteuning van ‘n gesonde karakter.
Om aan elke leerder reg te laat geskied en hom/haar te lei tot bereiking van hul potensiaal in akademie, kultuur en sport.
Om die leerder met die nodige kennis en lewensvaardighede toe te rus sodat hulle hul hoërskool loopbaan betree met selfvertroue.
Om by die leerders blywende waardes van dissipline, liefde, trots en respek vir die menswaardigheid van ander te kweek.
Om ouers met kennis en geleentheid te ondersteun in hul primêre opvoedingstaak.
Om volharding by leerders te kweek.

Visie

Visie
By Laerskool Denneoord word leerders in totaliteit deur konsekwente bemoeienis opgevoed.
Om Laerskool Denneoord tot ‘n modelskool uit te bou op die gebied van akademie, sport en kultuur.

Ons Wapen en Leuse

Die leer dui op die strewe om nuwe hoogtes te bereik. Die boek is die simbool van kennis en die wit daarop dui op suiwerheid van gedagtes en leefwêreld.

Ons Leuse

Mik Hoog.

Our badge and motto

The ladder is a symbol referring to new heights to be achieved.
The symbol of the book represents knowledge and the colour white shows purity of thought, word and deed.

Our Motto

Aim for excellence.